Dinsdag 2 Mei 2023

Markus 16:8
“Hulle het uit die graf uitgegaan en weggehardloop terwyl hulle gebewe het van die skrik. Hulle het vir niemand anders iets daarvan gesê nie, want hulle was bang.”

Om oor te gesels en te dink
Loer gerus in jou Bybelvertaling vir 'n voetnota aan die einde van vers 8. Dit is makliker om voetnotas in 'n gedrukte vertaling te lees. Hierdie voetnota verduidelik dat die Markusevangelie aanvanklik by hierdié vers geëindig. En dat die volgende verse eers later bygevoeg is, sodat dié evangelie nie oop eindig nie.

Waarom sou die evangelie aanvanklik 'oop' eindig? Die eerste hoorders en ons as lesers vandag, weet tog dat die vroue moes vertel het. Hierdie teks trek ons op 'n wyse in, om ons te frustreer en deel te neem aan hierdie 'oop' einde. Wat sou gebeur as die vroue regtig nie gaan vertel het nie? Wat sal gebeur as ons lewe regtig nie van Jesus se opstanding getuig nie?

Gebed
Here, vandag word ek gekonfronteer om te wonder wat as die eerste getuies nie getuig het nie. En ek wonder oor my eie getuienis. Here, help my vandag om bewustelik geleenthede raak te sien waar ek in my lewe kan getuig van U opstanding. En selfs ook in woorde. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika