Johannes 21:3-7
Johannes 21 Jesus help sy volgelinge om baie vis te vang.
3 Petrus was lus om te gaan visvang. Die ander is toe saam met hom. Hulle is met ’n skuit die meer in. Daardie hele nag lank het hulle iets probeer kry, maar hulle het nie ’n enkele vis gevang nie. 4Toe die son begin kop uitsteek, staan Jesus daar op die wal. Die dissipels was natuurlik salig onbewus daarvan dat dit Jesus was. 5“En toe,” roep Jesus, “het julle enigiets gevang?” “Nee wat,” roep hulle terug. 6. “Gooi die net daar regs van die skuit uit. Daar is vis,” kom dit van Jesus se kant af. Hulle maak toe so. Die net was toe so vol vis dat hulle dit nie in die skuit kon kry nie. Dit was te swaar vir hulle. 7. Die volgeling van wie Jesus baie gehou het, sê toe vir Petrus: “Jong, dit is die Here daardie.” Toe Petrus dit hoor, pluk hy gou al sy klere aan. Omdat hulle op die skuit gewerk het, het hy net die nodigste aangehad. Toe spring hy in die meer. Die ander het in die skuit gebly en wal toe gevaar met die vrag vis.
As God intree verander dinge?
Nadat die dissipels heel nag probeer het om self vis te vang het hul steeds geen vis gevang nie.
Dan kom Jesus en word deel van die verhaal. Hy begin deur te vra of hul suksesvol was. As hul erken dat hul eie poging niks opgelewer het antwoord Hy dat hul weer moet probeer, maar nou op Sy opdrag en volgens Sy voorskrifte. En hul nette is tot barstens toe vol.
God is in beheer van alles. Die natuur, waar die visse swem en ook my en jou lewe. Hy hou die dinge wat ons kommer in Sy hande vas. En Hy kan dit so bestuur soos Hy wil. Hy is in beheer.
As die dissipels vir God sien en na Hom luister dan herken hulle Hom deur sy krag.
As ons in ons pogings om moeilike tye te oorkom ook vir God sien en na Hom luister sal ons Hom ook herken as God.
God raak betrokke by Sy dissipels en by ons, nie om ons klein probleme op te los nie maar om Sy groot krag en almag bekend te stel.
Om oor te dink:
Gebed
Dankie Jesus dat U telkens deel van my lewe is. Dankie dat niks vir U onmoontlik is nie. Neem my kommer en gee oplossings ook daarvoor as dit U wil is. Maar meeste van al kom en toon U krag deur U ingrype in my lewe dat ander deur my lewe kan sien hoe groot U is. Amen