Dinsdag 20 September 2022

Matteus 6:26-27
“Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?”

Om oor te gesels en dink
Jesus herinner sy volgelinge om rondom hulle te kyk. Hulle is so besorg oor wat hulle eet en aantrek, dat hulle mis dat God eintlik vir hulle sorg. Die voëls saai nie en maak nie bymekaar nie, tog sorg die hemelse Vader vir hulle. Ons moet besef dat ons baie meer as die voëls werd is en daarom sal die hemelse Vader vir ons ook sorg. Ons hoef nie besorg te wees nie, die Vader sal sorg.
Jesus sê verder dat dit nie help om ons te bekommer nie, want ons kan nie ons lewe eers met ’n enkele uur verleng nie. Dus is dit nutteloos.

*Kyk vandag om jou rond en sien hoe God vir voëls sorg.
*Wat dat die Here sorg en dat jy nie daaroor besorg hoef te wees nie.

Gebed
Hemelse Vader, baie dankie dat U sorg. Ek is so besorg oor dinge wat my pla dat ek U sorg nie raak sien nie. Help my om U sorg meer en meer raak te sien. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika