Dinsdag 21 Februarie 2023

Efesiërs 4:1-16

7 Aan elkeen van ons is 'n genadegawe gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het. 11 En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. 12 Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus.

Lede van die liggaam van Christus (die Kerk) het diverse gawes, en diverse verantwoordelikhede. Ons weet dat die kerk gesond is as mense hulle gawes gebruik en hulle verantwoordelikhede opneem. Dit is krities belangrik dat ons dit doen, want dit is vir die opbou van die liggaam!

Eenheid beteken nie eendersheid nie, so ons behou steeds ons eenheid in diversiteit. ’n Kort beskrywing van die gawes in vers 11 is:

  • Apostel: die gawe om strukture te kan bou en strategies te kan dink, die leer van die kerk te beskerm, en die kerk aan te moedig om haar gestuurdheid uit te leef.
  • Profeet: die gawe om die kerk op God gefokus te hou en nie te laat dwaal nie.
  • Evangelis: die gawe om mense te oortuig van die goeie nuus, en mense in te nooi in die lewe van ’n geloofsfamilie.
  • Herder: die gawe om ’n gemeenskap bymekaar te hou, te versorg en te laat groei in liefde.
  • Leraar: die gawe om die detail van die evangelie, die Bybel en ons geloof te kan verduidelik en toepaslik te maak vir die kerk.

Die doel van hierdie gawes is om gelowiges toe te rus. Waarvoor? Vir diens! Ons sien in ons teksgedeelte dat ons elkeen se bydrae as diens beskryf word. Ons is almal saam tot diens geroep, en elkeen te bydrae is nodig vir die opbou van die liggaam!

Om oor te dink:

  • Weet jy wat jou gawe, jou unieke bydrae, is?
  • Wat doen jy tans met dit wat die Here jou gegee het?
  • Is daar ’n bydrae wat jy kan lewer tot die opbou van die liggaam?

“We simply weren’t constructed to live only for ourselves. We were placed on earth to be part of something bigger than the narrow borders of our own survival and our own little definition of happiness.” Paul David Tripp

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika