Soek Geregtigheid – Ons sal weet wat dit is.
Spreuke 28:5
5Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie; dié wat na die wil van die Here vra, het 'n goeie begrip van alles.
Om oor te gesels of te dink:
Gebed:
Liewe Heer,
Heilige God. U liefde is buitengewoon, stewig en onveranderd. U liefde is sonder einde, passievol en verstommend. Ons is so dankbaar vir U opoffering in Jesus. Dankie vir die manier waarop Jesus ons herstel en restoureer het sodat ons weer in die regte verhouding met U kan staan. Here, ons erken dat ons hierdie geskenk as vanselfsprekend aanvaar. Ons mis hoe kosbaar en besonders dit is. Ons leef soms soos mense wat nie herstel en vernuwe is nie. Vergewe asseblief ons sondigheid. Here maak ons skoon. Herstel ons. Steek ons harte weer aan die brand, om met passie vir U te leef. Here, ons vra dit nederig in Jesus naam, en die krag van die Heilige Gees.
Amen.