Dinsdag, 23 Februarie

Here, leer ons bid
2 Korintiërs 3:18
Almal wat glo, is nou vry. Ons kan die Here se heerlikheid weerkaats sonder dat daar sluiers oor ons gesigte hang. Hoe meer ons die Here se grootheid raaksien, hoe meer word ons lewe verander om sy ongelooflike heerlikheid te weerkaats. Dis natuurlik die Here self, Hy wat Gees is, wat ons verander om al hoe meer te lyk en te leef soos Hy dit wil hê.

Om oor te gesels:

  • As jy God se karakter en eienskappe aan iemand moes beskryf, hoe sou jy dit beskryf?
  • As jy jouself moes meet aan God, hoe reflekteer jy daardie selfde eienskappe en karaktertrekke wat jy vroeër genoem het?
  • As ons God se kinders is (wat ons reeds weet ons is, omdat ons God dien as Vader), moet ons God se karakter na-aap. Waarmee het jy spesifiek op die oomblik hulp nodig? Waarmee sukkel jy tans die meeste om God as Vader te weerkaats?

Aanbidding
https://www.youtube.com/watch?v=X0YbyBa3qQg

Gebed:
Vader God, Ek kom sit by U voete en ek wil stil word. Help my om my asemhaling rustig te maak. Help my om my gedagtes stil te maak. Help my om my ore oop te maak. Help my om my hart op U te rig.
Vader God, ek bring my huidige gedagtes, emosies, vrese en drome vir U. My hart, kop en lewe is tans gevul met die volgende. (Deel met die Here wat NOU in jou hart, gedagtes en lewe aan die gang is).
Vader God, ek weet dat U goed is. Ek weet dat U liefde is. Ek weet dat U koning is. Ek weet dat U genadig is. Ek weet dat U vrygewig is. Ek weet dat U ontfermend is. Vader God, draai my hart. Verander en transformeer my, sodat ek ook meer daarvan reflekteer. Vader, help my dat ek ook soos U goed sal wees. Vader, help my dat ek ook soos U liefde sal wees. Vader, help my dat ek ook soos U koningskind sal leef. Vader, help my dat ek soos U genadig sal wees. Vader, help my dat ek soos U vrygewig sal wees. Vader, help my dat ek soos U ontfermend sal wees.
Vader God, help my om meer en meer te ontdek wat dit beteken om U kind te wees. Help my dat ek hierdie waarheid voluit sal aanvaar en dit heelhartig sal uitleef. Vader, help my om nie te val vir die struikelblokke, versoekings en bekommernisse van die wêreld nie, maar dat ek vas sal staan in my identiteit as U kind, en my verhouding met U as Vader.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika