Dinsdag 25 April 2023

Lukas 24:13-16
Op dieselfde dag was twee van hulle op pad na 'n dorpie met die naam Emmaus, twaalf kilometer van Jerusalem af. Hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat gebeur het. Terwyl hulle so gesels en gedagtes wissel, het Jesus self nader gekom en met hulle saamgeloop, maar hulle oë is verhinder om Hom te herken.

Om oor te gesels en te dink
Die verhaal van die Emmausgangers, soos hulle bekend staan, herinner ons aan ons eie lewe. Ons besef nie dat Jesus saam met ons loop nie. Daar is baie geskryf oor wat hulle oë verhinder het om Jesus raak te sien.
Dalk was dit hulle ontnugterig, hartseer, twyfel of vrae? Hulle probeer sin maak. Hulle het so baie opgeoffer en nou voel hulle ontnugterd oor dat Jesus nie is wie hulle gedink het Hy is nie. Ons is ook soos hulle. Ons is vasgevang in ons eie situasie en wonder hoekom Jesus nie is wie ons dink Hy moet wees nie. Ons mis dat Jesus saam met ons stap.

  • Wat verhinder jou om Jesus raak te sien?
  • Waaroor wonder jy? Twyfel jy?

Gebed
Here, ek sien U nie altyd raak nie. Ek is soms so besig dat ek U mis. Help my om U vandag raak te sien. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika