Dinsdag 27 Oktober

Eksodus 3:10-11
…Ek wil jou na die farao toe stuur om my volk, die Israeliete, uit Egipte te bring.” Moses het vir God gesê: “Ek is nie ‘n belangrike man nie. Ek kan nie na die farao toe gaan en die Israeliete uit Egipte bring nie.”

Om oor te gesels:
As God ons roep om op die lewens oseaan uit te gaan en Sy werk te doen, wat is ons reaksie? Kruip ons net dieper in ons veilige hawens in? God roep ons juis om uit ons veilige plekke te kom en die lewe aan te pak. Hy roep ons om Sy wil te laat geskied en daaraan te werk dat Sy koninkryk kom!
In watter hawe kruip jy weg?
Moses se wegkruip hawe toe God hom roep was, eks nie belangrik genoeg nie.
Wat is jou wegkruip hawe ?

  • Ek kan nie met mense praat.
  • Ek ken nie die Bybel nie
  • Ek is mos in die kerk. Is dit nie genoeg?
  • Mense sal vir my lag want eks nie ‘n dominee nie…

Al hierdie is wegkruip van God se roep om uit te gaan en ‘n verskil te maak.
God roep jou uit jou veilig plekke…

Kyk na die video van Jo Black se “Skepe” https://youtu.be/yaOBdFj7FIw

Die simbool vir die ou kerk was juis ‘n skip. Want die boodskap moes uitgevat word…

Gebed
-Here help my om nie vreesbevange vas te klou aan my veilige plekke nie maar wys my waarvoor U my roep.
-Kom roep my Here ek wag…
Amen.

Nog om na te kyk

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram