Dinsdag 29 Desember

Psalm 23
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. 2 Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is (Psalm 23:1-2)

Om oor te gesels:
Een van die maniere om God se rus te ervaar, is om te erken dat Hy ons Herder is. Hy is die Een wat in beheer is en ons versorg. Wanneer ek toelaat dat die Here soos ’n herder vir my sorg, kan ek Sy rus en groen weivelde ervaar. Ek sal dan ook niks kort kom nie.

Hierdie rus in die Here beteken nie dat dit altyd net maklik is nie. Psalm 23:4 herinner ons dat selfs as dit moeilik gaan en ons donker dieptes gaan is die Here steeds daar.

  • Laat jy toe dat die Here jou Herder is sonder om heeltyd self beter te wil weet wat jy nodig het?
  • Waar ervaar jy die Here se rus in groen weivelde?
  • Hou vas aan die wete dat jy nooit alleen is nie!

Gebed
Here, U is my Herder! Dit is my verlange en my getuienis. Mag ek vandag U rus in groen weivelde ervaar. Selfs al gaan dit moeilik, weet ek dat U by my is, want in U hande is ek veilig. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika