Psalm 137:1-6
1By die riviere van Babel, daar het ons gesit, en ons trane het gevloei as ons aan Sion dink. 2Aan die wilgerbome in daardie land het ons ons liere opgehang 3toe dié wat vir ons gevange weggevoer het, ons gevra het om 'n lied te sing, toe dié wat vir ons leed aangedoen het, van ons vrolikheid wou hê: “Sing vir ons 'n lied oor Sion!” 4Hoe kan ons die lied van die Here sing in 'n vreemde land? 5As ek jou sou vergeet, Jerusalem, mag my regterhand dan verlam raak. 6Mag my tong aan my verhemelte vaskleef as ek aan jou nie dink nie, as Jerusalem nie my grootste vreugde bly nie.
rou VRAE:
- Die Psalm skrywer het hierdie Psalm geskryf in Ballingskap in Babilonië. Hy skryf die Psalm wanneer hulle werklik rou oor alles wat hulle verloor het. Mens sou maklik kon voel dat God hulle verlaat het, nadat hulle land afgebreek is, hulle weggevoer is en in die vreemde sit. Die Babiloniërs is besig om hulle te spot en te vra: “Waar is julle God? Wie is julle God, wat hierdie goed toelaat?”
- Wat sou jou antwoord wees as jy kyk na alles wat verkeerd gaan in die wêreld en om jou? Deel jou hart met die Here.
-Hierdie ervaring het ook die Joodse skrywers aangemoedig om te begin om Genesis te skryf soos ons hom vandag ken. Die antwoord op die vraag: “Waar is julle God? Wie is julle God?” Die bevestiging dat God die een is wat alles begin. Die middelpunt van alles is. En die eindpunt. Hulle kyk na hulle reis saam met God en herinner hulleself daaraan dat God steeds by hulle is. Wie is God vir jou?
rou OEFENING:
- Regoor die wêreld is daar soveel situasies waar mense voel hulle nie antwoorde kry nie. (Jy is welkom om internasionale nuus te lees en kyk wat mense oor die wêreld raadop maak.)
- Waar kan jy betrokke word om mense in jou omgewing te help, antwoorde vind?
- Maak die afspraak om jou tyd te gee.
rou GEBED:
Here, hoor my uitroep. Luister na my hart en die roep van die wêreld wat na U vra. Here, lei ons na die rots wat ons sterkte is. Wees, U ons veilige hawe en ons vesting. Here, laat ons by U skuil verewig. Here, laat U teenwoordigheid vir ons lewenslank vrede gee.
Amen