Markus 6:34-44
_ 34Toe Jesus uit die skuit klim en die groot klomp mense sien, het Hy ’n diep deernis vir hulle gevoel, want hulle was soos skape sonder ’n wagter. Daarom het Hy hulle uitvoerig begin onderrig. 35Toe dit alreeds laatmiddag begin word, kom sê sy dissipels vir Jesus: “Dis ’n verlate plek hierdie en kyk hoe laat is dit al. 36Stuur die mense weg sodat hulle op die omliggende plase en in die dorpies iets kan gaan koop om te eet.” 37Hierop antwoord Jesus: “Gee julle vir hulle kos.” Hulle sê toe vir Hom: “Dit sal ’n yslike bedrag kos om brood te gaan koop om vir hulle te ete te gee!” 38Hy sê toe vir hulle: “Hoeveel brood het julle? Gaan vind uit.” Toe hulle dit vasgestel het, sê hulle: “Vyf brode en twee visse.” 39Daarna sê Jesus vir die mense om groepe te vorm en op die groen gras te gaan sit. 40Hulle het toe in groepe van 100 en 50 gaan sit. 41Jesus het die vyf brode en die twee visse gevat, na die hemel toe opgekyk en God gevra om die kos te seën. Toe breek Hy die brood en gee dit vir sy dissipels om aan die mense voor te sit. Hy het ook die twee visse onder almal verdeel. 42Hulle het almal geëet totdat hulle genoeg gehad het. 43Later het hulle twaalf mandjies vol oorskietbrood en -vis opgetel. 44’n Volle 5 000 mans het van daardie vyf brode geëet!_
Om oor te gesels of te dink:
Gebed:
Here, dankie dat U ‘n diep meegevoel met ons het. Help ons om ook ‘n diep meegevoel met ander te ontwikkel.
Here, dankie dat U vir ons gee wat ons nodig het. Help ons om dit wat ons nodig het met ‘n oop en dankbare hart te aanvaar.
Here, dankie dat U vir ons deel maak van ‘n gemeenskap wat gefokus is op U. Help ons om dit te waardeer, dit te op te bou en dit uit te bou.
Amen.