Dinsdag 4 Julie 2023

Dinsdag, 4 Julie 2023

Matteus 11:28-30
“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. 29Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. 30My juk is sag en my las is lig.”

VRAE:

  • Soms beleef ons wonde in die verloop van ons werk. Mense maak ons seer, konflik breek ons siel, situasies maak ons moedeloos, teleurstellings breek ons gemoed. Dit laat ons gewond. God is nie onbewus hiervan nie. Hy weet waar deur ons gaan wanneer ons werk. Dit is nooit Sy droom vir ons nie. Maar wanneer ons gewond is. Belowe Hy sy teenwoordigheid in daardie omstandighede.
  • Waar het jy wonde beleef as dit kom by werk? Wat is die stories en leuens wat in jou hart leef, rondom werk? Die Here wil jou wonde bind. Hy wil vir jou kans gee om te genees. Hoe laat jy God toe om jou te versorg en jou wonde te verbind? Wat het jy tans nodig om na jouself en jou seerkry om te sien? Hoe gaan jy dit inbou?
  • Jesus sê jy kan na Hom toe gaan as die las te swaar is, die seerkry te veel is. Hy sal vir jou rus gee. Hoe lyk dit om in Christus te rus? Hoe is Hy deel van jou werkservaring? Hoe gee jy vir Hom geleentheid om die leiding te neem by die werk? Hoe bid jy vir die werk, die werkservaring en die mense met wie jy werk?

Kunswerk: Maria Oosthuizen – Life’s Battles
https://www.houseofmaria.co.za/collections/a3-prints-only/products/mpp21036-lifes-battles

GEBED:
Here, U weet hoe seer ek al gekry het by die werk. U weet dat dit vir my soms swaar is om te dink ek moet dag in en uit die werk doen. Ek het nodig dat U vir my sal versorg. Here, ek vra dat U sal herstel dit wat by my gebreek is. Ek vra dat U my ook sal gebruik as ‘n agent van vrede, herstel en vergifnis. Gebruik my, Here, om te getuig van U liefde, sorg en genade by die werk.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika