Psalm 23:2-4
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.
rou VRAE:
rou OEFENING:
rou GEBED:
Here, geseënd is ons wat 'n oomblik neem om terug te kyk na wat was, die mense wat ons geword het, die mense wat vir ons lief was tot nou en die vrede beleef met dit wat bekend is. Here, geseënd is ons wanneer ons nou vorentoe kyk na 'n nuwe weg. Gee ons die waagmoed vir elke treë, asook die een daarna. Here, herinner ons dat U voor gaan en reeds is, waarheen U ons lei. Amen