Jesaja 40:1, 3-5
1Die uitkoms is hier! Die uitkoms is hier! Dit, sê julle God, moet julle vir my volk sê. 3Iemand roep: “Maak vir die Here 'n pad in die woestyn, maak in die barre wêreld 'n grootpad vir ons God! 4Elke laagte moet opgevul word, elke berg en rant moet gelykgrond word. Elke bult moet 'n gelykte word en elke koppie 'n vlakte. 5Dan sal die mag van die Here geopenbaar word; al wat leef, sal dit sien. Die Here self het dit gesê.”
En Matteus 3:1-4
1In daardie tyd het Johannes die Doper in die woestyn van Judea begin preek 2en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” 3Hy is die een wat die profeet Jesaja bedoel het toe hy gesê het: “Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit.” 4Hierdie Johannes het klere van kameelhaar gedra met 'n leerband om sy heupe, en hy het van sprinkane en veldheuning gelewe.
Om oor te gesels:
Prakties
https://www.youtube.com/watch?v=2JpvW9FU_Rg
Dink bietjie saam oor die dinge wat julle gevangene hou. Dalk is dit materiële dinge, werk, verhoudings, gedagtes of verwagtings. Hoe kan julle hierdie Kers seisoen nie toelaat dat hierdie dinge meer aandag neem as Jesus se koms nie?
Gebed:
Heer van my lewe,
Ek is hier in U teenwoordigheid. Praat met my Here. Vul my met u Gees en transformeer my.
Here, gee my asb. die gawe om U stem te hoor en gehoorsaam te wees.
Here, laat my asb. in vloei wees met die Heilige Gees. Laat my U ritme hoor en nie huiwer om dit te volg nie.
Here, ek vra dat U my sal help om U stem te hoor, en nie bang te wees om U wil te volg nie.
Here, leer my om totaal afhanklik te wees van U. Leer my om meer van U te reflekteer en minder van myself.
Here, help my om ‘n lewende offer vir U te wees.
Amen