Dinsdag 8 November 2022

1 Korintiërs 3:1-2
“Broers, ek kon met julle nie praat soos met mense wat hulle deur die Gees van God laat lei nie; ek moes praat soos met wêreldse mense, soos met kindertjies in die geloof in Christus. Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste kos nie, want julle kon dit nog nie verteer nie. En julle kan dit ook nou nog nie verteer nie”

Om oor te gesels en dink
Paulus skryf vir die gemeente in Korinte, omdat hulle nie eengesind is nie. In hoofstuk drie begin hy hulle gedrag beskryf met die van 'n baba. Paulus sê dat hulle nog nie eers 'vaste kos' kan verteer nie. 'n Baba is selfsugtig en kan nie op iets of iemand anders se beheoftes fokus nie. Hulle moet nog leer wat is 'n gepaste manier van optree. Hoe lyk jou leerkurwe? Paulus verduidelik dit aan die hand van melk of 'vaste kos'. Is jy nog besig om te leer? Te leer van God?

In die huisgeloof Sondag het ons gevra: Wat wil jy nog oor God leer? En twee om dit met iemand te deel of ruimte te soek om meer oor daardie aspek van God te leer. Doen dit vandag as jy nog nie het nie.

Gebed
Here, ek wonder nou al vir 'n geruime tyd oor… Ek wil meer leer oor U. Wys my vandag waar ek meer daaroor en van U kan leer. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika