Donderdag 1 Junie 2023

Johannes 20:21
‘Vrede vir julle!’ sê Hy weer vir hulle. ‘Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.’

Om oor te gesels en te dink
Hierdie teksgedeelte is in die Johannes-evangelie se vertelling van Jesus wat aan die dissipels verskyn het en hulle stuur. Missio Dei verwys na God se sending. In wese beskryf hierdie term ook wie God is. God is nog altyd ‘n God wat mense roep en stuur. Dink aan Abraham, Jesaja, Jona, die disspels, Paulus ens. God is ‘n God wat stuur en aan die beweeg is. ‘n Uitnodiging rig aan ons om daar betrokke te raak waar God reeds besig is.

Waar kan jy terugkyk en sien hoe God mense geroep het? Jou geroep het? En gebruik het om aan te sluit by dit wat God reeds mee besig is in hierdie wêreld?

Gebed
Here, U is ‘n God wat roep en stuur. Ek is verseker ingesluit in hierdie roeping. Hier is ek, Here. Stuur my. Wys my waar is U aan die werk en hoe ek vandag daar moet betrokke raak.  Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika