Donderdag 1 September 2022

Jeremia 1:10
“Hy het sy hand uitgesteek, my mond aangeraak
en vir my gesê:
Ek het nou my woorde in jou mond gelê."

Om oor te gesels en dink
Jeremia sê dat hy nie goed kan praat nie. Miskien was hierdie tog 'n legitieme verskoning of dalk selfs 'n vrees. Hierdie teks bevestig dat God Jeremia sal bystaan. Dalk nie soos wat ons verwag met die presiese woorde van wat hy moet sê nie, maar meer 'n bemagtiging om die boodskap te kan oordra.

Neem 'n oomblik van stilte
Watter boodskap plaas God tans swaar op jou hart of gedagtes? Hoe en waar dink jy kan jy hierdie deel of raakleef?

Gebed
Here, raak my ore vandag aan om te hoor watter boodskap u op my hart en gedagtes plaas. En raak my mond aan om die boodskap te dra. Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika