Romeine 6:23 (Die Boodskap)
_23Ek sê weer: as ’n mens jou hele lewe lank vir die sonde werk, is die dood jou beloning. So eenvoudig is dit. God gee egter aan ons die ewige lewe verniet. Dit is sy geskenk aan ons wanneer ons in Christus Jesus as ons Here glo._
Om oor te gesels:
- Die geskenk van vergifnis is van onskatbare waarde. Tog sukkel mense om dit te aanvaar. Waarom dink jy is dit vir mense moeilik om totale vergifnis vir hulle sonde te aanvaar?
- Kan jy jouself vergewe vir die foute wat jy gemaak het of jou skuld in die omstandighede waarbinne jy jouself vind? Waarom of waarom nie?
- Hoe help dit jou om jouself steeds verantwoordbaar te hou vir jou verlede? Hoe keer dit jou om ten volle vir God te lewe en in verhouding met Hom te wees?
Prakties
Praat vandag oor watter straf is gepas vir die huisreëls wat gebreek word. Waarom is dit nodig dat ons gestraf moet word as die reëls oortree word? Wat sou gebeur as mamma of pappa jou een keer net sou vergewe vir die reël wat gebreek is, sonder dat jy dit verdien (nie vir jou straf sou gee nie)? Praat oor ‘n keer wat jy nie gestraf is nie, alhoewel jy weet jy ‘n groot fout gemaak het. Hoe het dit gevoel?
Gebed:
Here van my lewe,
Dankie dat U vir my aan die kruis gesterf het. Ek vra dat U asb my my sondes sal vergewe. Vergewe my asb vir al die slegte dinge wat ek doen. Help om op te hou om die verkeerde dinge te doen. Help my asb om te begin om die dinge te doen wat U wil hê ek moet doen.
Dankie Here dat U my vergewe. Dankie dat U vdit vir my moontlik maak om vir ewig by U te spandeer. Here, help my om vir die res van my lewe U te dien en U wil vir my lewe na te jaag.
Amen