Donderdag 11 Februarie

Jeremia 29:1-7
”4 So sê Ek, die Here die Almagtige, die God van Israel, vir al die ballinge wat Ek uit Jerusalem in ballingskap na Babel toe weggevoer het: 5 Bou vir julle huise en bewoon dit, lê tuine aan en eet die opbrengs daarvan, 6 trou en bring kinders in die wêreld, en laat hulle trou en kinders in die wêreld bring. Julle moet daar in Babel baie word, nie min nie. 7 Bevorder die belange van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, bid tot My vir daardie stad, want sy belange is ook julle belange.” (Jer 29:4-7)

Om oor te dink:
Jeremia skryf vir die volk in ballingskap in Babel ’n brief vanuit Jerusalem om hulle hoop te gee en hy maak dit baie prakties. Hulle word aangemoedig om met hoop te leef en ’n verskil te maak in die moeilike omstandighede waarin hulle is. Hulle moet die beste maak van waar hulle nou is. Vers 7 sê in die Hebreeus hulle moet die shalom (vrede, welstand, goedheid) bevorder. Hulle moet ’n verskil maak.
Om met hoop te leef en te weet die Here se trou is elke dag nuut, beteken dat ek die Here vertrou waar ek nou is en die beste daarvan maak. Dit vra dat ek sal werk en bid waar ek is, met die wete dat die Here, die Almagtige, by ons is.

  • Vir wie moet jy vandag bid?
  • Wat kan jy vandag doen om hoop (shalom) te bring daar waar jy is?

Gebed
Here, ek kyk so vas in my swaarkry dat ek nie ’n verskil maak waar ek is nie. Help my om met hoop U te vertrou om anders te leef waar ek is. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika