Lukas 11:8
Ek sê vir julle: Al sou hy nie opstaan en dit vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog opstaan en hom alles gee wat hy nodig het, omdat hy hom nie skaam om aan te hou vra nie.
Om oor te gesels of te dink:
Hierdie teks kan moontlik anders vertaal word aan die einde, naamlik die 'skaamteloosheid van hom'. Hierdie is verwysend na die buurman. Dit het alles te make met die buurman wat nie omgee oor die skaamte van die dorp nie. Daarom gee hy nie vanuit hierdie gemeenskaplike verstaan nie. Indien dit die geval is, gee hierdie buurman die drie brode, omdat hy later iets van die gasheer sal terug eis. Hy gee dit dus nie vanuit 'n plek van gasvryheid, eer of skaamte nie. Dit is nie verniet nie.
Wat doen ons wat soos gasvryheid lyk? Maar egter nie is nie en later iets inruil terug verwag? Hoe kan jy vanuit 'n plek van gee, sonder om terug te verwag teenoor ander leef?
Gebed:
Here, ons lewe in 'n wêreld waar ons gereeld met mekaar 'transaksies' doen. Help my om dinge vir ander mense te doen, sonder om iets terug te verwag. Wys my wie het gasvryheid vandag nodig. Amen.