Donderdag 18 Mei 2023

Matteus 5:23-24
As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe.

Om oor te gesels en te dink
Jesus leer ons om in vrede met mense te leef. Dit is nie maklik nie, maar dit is wat Sy koninkryk vra. Nie alleen kan ek my verontskuldig deur nie vir iemand kwaad te wees nie. Nee, Jesus gaan verder en dat as ek weet dat iemand iets teen my het, ek die inisiatief moet neem om vrede te gaan maak. Dit gaan nie oor die ander persoon en wat hy of sy gedoen het nie. As ek weet dat iemand vir my kwaad is, moet ek gaan vrede maak. Ons kan baie verskonings hê hoe dit nie moontlik is nie, maar wanneer ons vrede in ons verhoudings nastreef, kan ons met groot vrymoedigheid tot God nader. Hy ken ons harte en weet dat dit beter is as ons in vrede met mekaar leef.

  • Is daar iemand met wie jy moet gaan vrede maak?
  • Vra die Here om jou te help om met so proses te begin.

Gebed
Here Jesus, ek wil doen wat U vra, maar dis nie altyd maklik nie. Help my om vrede uit te leef en daarmee U hart vir mense te wys. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika