Donderdag 2 September

PSALM 121
Ek kyk op na die berge.
Kom my hulp daarvandaan?
2Nee, my hulp kom
van die Here,
wat hemel en aarde
gemaak het.
3Hy laat jou voet
nie struikel nie;
Hy wat waak oor jou,
slaap nie.
4Hy wat oor Israel waak,
sal nooit sluimer
of slaap nie.
5Die Here waak self oor jou.
Die Here is jou beskermer
aan jou regterkant.
6Die son sal jou bedags
nie aantas nie,
nog minder die maan
in die nag.
7Die Here bewaar jou
van alle kwaad
en Hy beskerm jou lewe.
8Die Here hou wag oor jou,
of jy kom of gaan,
nou en vir altyd.

Om oor te dink:
Gebed is 'n lewenswyse. Ons kan reg deur die dag ons begeertes, vrese en hoop aan God bekend maak. Soos diƩ Psalmdigter wat moontlik gevaar rondom hom raak beleef en sy vrees met God deel. In sy gebed kom hy net weer tot die besef dat die Here met hom is. Altyd. Mag jou gebede vandag jou ook gefokused hou op God se teenwoordigheid in jou eie lewe.

Gebed
Here, waak vandag oor my en my geliefdes
Beskerm ons en help ons om te onthou waar ons hulp vandaan kom.
U is ons Skepper, beskermer en altyd teenwoordig in ons lewe.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika