Matteus 7:1-5 1“Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; 2met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word.
3“Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?* 4Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar 'n balk in jou eie oog? 5Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.
Om oor te gesels:
Prakties
https://www.youtube.com/watch?v=iE4YYHr2SF8
Gebed:
Vader God, Ek kom sit by U voete en ek wil stil word. Help my om my asemhaling rustig te maak. Help my om my gedagtes stil te maak. Help my om my ore oop te maak. Help my om my hart op U te rig.
Vader God, ek bring my huidige gedagtes, emosies, vrese en drome vir U. My hart, kop en lewe is tans gevul met die volgende. (Deel met die Here wat NOU in jou hart, gedagtes en lewe aan die gang is).
Vader God, ek weet dat ek soms wil glo ek is beter as ander, dat ek wil glo ek het minder tekortkominge en versoekings as ander, dat ek U beter volg as ander, dat ek nie so ver verwyder is van U soos ander nie. Vader God, help my om die waarheid te sien. Help my om nie die leuens te glo wat ek myself wys maak nie.
Vader God, help my om meer en meer te ontdek wat dit beteken om saam met ander U te soek en U te volg. Vader God help my om te ontdek hoe ek net soos ander skuldig voor U staan. Help my om te verstaan hoe ek soos ander U net so nodig het. Vader God vergewe my my tekortkominge en verwyder my versoekings. En Vader God, wanneer ek val, help my om genade te hê met myself. Vader God, help my ook om ander te vergewe, genade te gee en van voor af die verhouding weer te herstel.
Amen