Donderdag 26 Januarie 2023

1 Korintiërs 15:3-4
“Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte.”

Om oor te gesels en te dink
Jesus vertel dat Hy die goeie Herder is in Johannes 10. Verder sê Hy ook dat Hy sy lewe vir sy skape aflê. Om bewus te word dat Jesus sy lewe vir ons gegee het is ongelooflik belangrik. Dit is ook seker dié belangrikste ding waarvan ons in ons lewe kan bewus word. Ons glo dat Jesus vir ons sondes gesterf het en dat Hy weer optestaan het.

Leef jy vanuit hierdie bewuswording? Hierdie oortuiging dat Jesus vir jou sondes gesterf het en ook uit die dood opgestaan het? En glo jy dat Jesus se opstanding ook reeds ons lewe ander rig?

Gebed
Here Jesus, mag ek vandag opnuut bewus word van U liefdesdaad en lewe vanuit 'n oortuiging dat U opgestaan het uit die dode. En hierdie oortuiging dat U, Here Jesus, gesterf het en opgestaan het, oorweldig my. Dankie vir U liefdesdaad. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika