Matt 14:26-30
Toe die dissipels Hom sien, het hulle hulle morsdood geskrik. “’n Spook, ’n spook!” het hulle benoud uitgeroep. Maar Jesus het hulle dadelik gerusgestel: “Bedaar. Dit is Ek! Moenie bang wees nie.” Petrus roep toe: “Here, as dit regtig U is, sê dan vir my om op die water na U toe te stap.” “Waarvoor wag jy? Kom!” het Jesus geantwoord. Petrus het dadelik uitgeklim en op die water na Hom toe begin stap. Maar toe hy sien hoe sterk die wind is, het sy moed hom begeef. Hy het begin sink. Hy roep toe benoud: “Here, red my!”(Die Boodskap)
Bekering vra dat ons sal groei in ons geloof
- Nadat ons tot bekering gekom het en God se Woord begin bestudeer en leer begryp het moet ons steeds groei.
- Baie gelowiges val hier vas met 'n skulgevoel dat hul kennis te min is of dat hul sonde te veel is.
- Juis in hierdie worstel van leef uit ons eie onvermoë ontdek ons die gawe van groei.
- As ek my eie onvermoë ontdek en God se genade ervaar dan ontdek ek wat dit beteken om onbevange te leef as gelowige.
- Dan ontdek ons dit gaan nie oor wat ons vir God kan doen nie, maar wat God vir ons kan doen.
- Petrus ontdek 'n totale nuwe lewe as God vir hom in sy lewensstorm kom uithelp.
- Hy sien God is groter as sy krisis en wil hom help om selfs in sy krisis wonderre te vermag…op water te loop.
- Solank as Petrus sy oog op God hou kan hy wonderre verrig en beleef hy God by hom. Toe hy egter wegkyk raak hy bang en sink.
- In ons 2e fase as gelowige moet ons besef God is groter as die reëls.
- God heers oor alles, ook oor die storms in ons lewe.
- Ons moet net ons oë op hom hou.
Om oor na te dink:
- Dink bietjie terug na watter storm in jou lewe jou naby aan God gebring het.
- Onthou jy nog daai ervaring en is jou oë nog op Hom gevestig.
- Leef jy voluit uit die genade van God of val jy terug in die reëls en riglyne om jou staande te hou in jou storms.
- Die 2e fase van geloof vra dat ek die reëls minder belangrik maak en God by my ervaar en beleef.
- Dit is dan dat ons as Gelowiges reeds hemel op aarde ervaar…selfs in ons lewensstorms.
Gebed
- Dankie Heer dat U ons nooit alleen laat, selfs nie in ons lewensstorms nie.
- Dankie dat ons na U kan uitreik en dat U ons red as ons sink uit ongeloof of vrees.
- Help ons Heer dat ons sal beleef hoe U ons wondere laat doen self in ons diepste krissise.
-Dankie Heer dat U redding en genade ons elke dag omring.
Amen.