Donderdag 27 Oktober 2022

Jakobus 2:14-17
Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red? Sê nou daar is 'n broer of 'n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, en sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan? So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.

Om oor te gesels en dink
Ons geloof staan en val by ons optrede. Martin Luther het gemeen hierdie brief fokus te veel op dade en te min op genade. Tog moet ons geloof in dade oorgaan. Dit kan nie maar net praat bly nie. Ons moet mense prakties help wat oor ons pad kom. Soms het hulle nie fisiese klere of kos nodig nie, maar ‘n oor om te luister of ander hulp. Ons moet nie ons taak versaak deur nie te help nie.
Die Boodskap vertaal Jakobus 2:17 treffend: “So is dit ook met jou verhouding met God. Om te sê jy is vriende met God, maar jy doen niks vir Hom nie, sê eintlik dat die vriendskap tussen jou en God morsdood is.

Gebed
Here, help my om daad by die woord te voeg. Laat ek nie net praat en dan nie doen nie. Wys my waar ek iemand kan help met wat hulle nodig het. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika