Matteus 1:1-17 en Lukas 3:23-38 (fokusteks Matteus 1:1)
Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham
Om oor te gesels:
Prakties
https://www.youtube.com/watch?v=6nW7lyO6jHA
God is deel van mense se stories en families. Teken julle eie familie boom. Praat met mekaar of teken dalk: Waar is God sigbaar in julle familie se storie?
Gebed:
Here van my lewe,
Ek wil vir U dankie sê vir elke lid van my familie. Dankie vir elke kosbare kind en elke besonderse volwassene.
U ken elkeen van ons harte, ons sterkpunte en ons swakhede. U weet van elke detail van ons lewens.
My gebed vanoggend Here is dat U elkeen van ons familielede nader aan U sal trek. Wys vir hulle wie U is. Here, laat elkeen van ons familielede hulle behoefte aan U sal ontdek. Here, ek vra dat U hulle harte sal aanvuur en vir hulle ‘n passie vir U sal laat kweek. Laat U Gees vir hulle ‘n hunkering na U sal wakker maak. Mag elkeen van ons familie U eerste najaag met hulle hele lewens.
Mag hulle U soek in elke oomblik vandat hulle wakker word tot hulle gaan slaap. Mag hulle U stem en wil in hulle gedagtes en harte vind. Mag hulle U raaksien oral waar hulle gaan en oral waar hulle kyk.
Here, ek bid ook vir elke familielid wat tans ver van U af leef. Here, waar hulle seermaak, mense te na kom, ons seermaak of ver van U af leef, vra ek dat U daar sal ingryp en hulle harte sal verander.
Here, indien dit nodig is, gebruik my om U liefde nie net vir die wêreld nie, maar ook vir ons familie uit te leef. Here, gebruik my soos U nodig het.
Amen