Donderdag, 3 Junie

Laat daar ligte wees aan die hemelkoepel sodat dag en nag onderskei kan word en dit ook kan dien as tekens om seisoene, dae en jare te bepaal. Die ligte in die hemelkoepel moet ook die aarde verlig. Dit is goed

Genesis 1:14-15
14 Laat daar ligte wees aan die hemelkoepel sodat dag en nag onderskei kan word en dit ook kan dien as tekens om seisoene, dae en jare te bepaal. 15 Die ligte in die hemelkoepel moet ook die aarde verlig.

Om oor te gesels:

  • Sit en dink oor dit wat die son, maan en sterre vir ons bring. Die dag en nag siklusse, die maand siklusse en die seisoen siklusse. Hoe verryk dit jou lewe? Waarvan hou jy? Wat geniet jy? Wat is dalk vir jou uitdagend? Deel sommer jou ervarings met die Here.
  • Soms kom staan die son of maan voor mekaar. Dit is bekend as ‘n verduistering. ‘n Algehele sonverduistering, sê hulle is nogal angswekkend. Waar dit waargeneem word begin die diere huis toe keer soos die einde van die dag. ‘n Mens se hart begin so half vinniger klop as jy die duisternis of die skemer so vinnig sien nader kom. En mens kan letterlik nie jou hand voor jou oë sien nie. Dit is donker vir ‘n tyd tot die maan en son weer by mekaar verby beweeg soos hulle bedoel was om in hulle eie glorie in hulle eie plekke te skyn.
  • Is daar tye wanneer dit voel asof dinge nie in volgorde is nie? Asof alles nie op hulle plekke is nie? Asof daar chaos is? Asof dit self bietjie angswekkend word? Veral wanneer dit goed in ons lewens is wat normaalweg vir ons vastigheid en selfs vreugde gee? Deel met God jou ervaring en hart.
  • Hoe kan “Laat daar ligte wees aan die hemelkoepel sodat dag en nag onderskei kan word en dit ook kan dien as tekens om seisoene, dae en jare te bepaal. Die ligte in die hemelkoepel moet ook die aarde verlig” hoop bring vir jou en die mense om jou?

Gebed:
Vergifnis is genade.
Sulke kwytskelding en vriendelikheid kan ek nie begryp nie.
Vergifnis is onfeilbare liefde.
Sulke geduld en begrip kan ek nie begryp nie.
Vergifnis is oorweldigende deernis.
Sulke simpatie en warmte kan ek nie vergeld nie.
Vergifnis is die uitwissing van oortredings.
Sulke vryheid en goeie wil verdien ek nie.
Vergifnis is die afwassing van my ongeregtighede.
Sulke suiwerheid en nuutheid kan ek nie handhaaf nie.
O Here, maak my lippe oop, en my mond sal u lof verkondig.
Here, U is Goed.
Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika