Jesaja 40:28-31
28Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik. 29 Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. 30 Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, 31 maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie. (Jesaja 40:28-31)
Om oor te gesels:
Ons is aan die einde van 2020 en jy mag dalk moeg voel en nie kans sien vir wat voorlê nie. Dalk was hierdie jaar vir jou baie moeilik gewees en is jy bekommerd oor wat die volgende jaar vir jou inhou.
Jesaja kom gee vir die volk die belofte dat die Here, die ewige God en Skepper hulle en ons nooit sal alleen los nie.
Hy is die een wat vir ons krag gee as ons nie meer kan nie. Ons kan Hom daarvoor vertrou.
Gebed
Here, dankie dat U my hierdie jaar gedra het toe ek nie meer kon nie. Dankie dat U nie moeg en afgemat word nie. Dankie dat U my altyd optel en op arendsvlerke laat vlieg. Dankie dat U so getrou is. Amen.