Openbaring 1:8
““Ek is die Alfa en die Omega,” sê die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.”
Om oor te gesels of dink
In Openbaring 1:7 het ons gister gesien dat Johannes sê Jesus kom op die wolke en nou is hier die eerste van twee kere dat God self aan die woord is. Die Here God self sê dat Hy die Alfa en Omega is. By Hom begin alles en eindig alles.
Hierdie woorde gee vir ons die troos dat God in beheer is. Al voel ons oorweldig met wat ons om ons sien, kan ons vashou aan die wete dat die Here God, die Almagtige by ons is. Die Griekse woord vir almagtige (pantokrator) beteken die een wat mag oor alles. Hy is die Een wat is, was en wat kom kom.
Neem ’n oomblik van stilte
Dink na oor wat dit beteken dat God in beheer is.
Wat wil jy vir God gee om beheer van te neem?
Gebed
Here God, ek vergeet soms dat U alles omsluit. U is die Begin en die Einde. Help my om aan U oor te gee en U te vertrou as die Almagtige. Amen.