Matteus 13:31-35
“31 Hy het nog ‘n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê: “Die koninkryk van die hemel is soos ‘n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het. 32 Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar as dit uitgegroei het, is dit groter as die tuinplante en word dit ‘n boom, sodat die voëls in sy takke kom nes maak.” 33 Hy het hulle nog ‘n gelykenis vertel: “Die koninkryk van die hemel is soos suurdeeg wat ‘n vrou gevat en in ‘n groot skottel meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.””(Mat 13:31-33)
Om oor te gesels
Jesus vertel nog twee gelykenisse en gebruik nou mosterdsaad en suurdeeg om die koninkryk te vergelyk. Jesus gebruik gelykenisse om die Sy boodskap te verduidelik.
‘n Mosterdsaadjie is van die kleinste saadjies en tog kan dit ‘n groot boom oplewer. Net so kan dit lyk of die koninkryk van God nie betekenisvol is nie en tog groei en vermeerder dit oor tyd. Dit is ook so met suurdeeg. Dit lyk of dit nie ‘n verskil maak nie, maar daar sonder kan brood nie brood word nie.
Beide hierdie beelde wys dat iets kleins maak ‘n groot verskil. Elkeen van ons maak ook verskil daar waar ons is, klein of groot.
Moenie mismoedig raak dat jy nie ‘n verskil maak nie. Vertrou die Here om deur jou Sy koninkryk te laat kom. Ek en jy is deel van hierdie koninkryk.
Gebed
Here, dankie dat ek deel van U koninkryk is. Mag ek vandag vir iemand iets doen om U liefde te wys, al is dit hoe klein, vertrou ek U daarmee. Amen.