Donderdag 6 Oktober 2022

Matteus 18:21
Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?”

Om oor te gesels of te dink:

  • Petrus kom met die verkeerde gesindheid wanneer hy sy vraag aan Jesus stel. Hy wil weet hoeveel kan hy terug hou. Hoeveel is die maksimum wat hy hoef te gee. Hy wil nie meer doen as wat absoluut nodig is nie. Hy kom uit ‘n plek van skaarste. Dit wat hy kan gee (vergifnis in die geval), is beperk en daarom wil hy nie gee nie.
  • Die derde probleem met Petrus se stelling. Hy is suinig. Vergifnis is bedoel om vrygewig vir ander gegee te word. Daar is nie veronderstel om ‘n beperking aan te wees nie. Daar moet oorvloed wees. Ons hoef nie terug te hou nie, want daar is meer as genoeg om te gee.
  • Is daar enige plek in jou lewe waar jy ook so leef? Dalk in vergifnis? Dalk in jou tyd, jou geld, jou goed en jou talente? Probeer jy seker maak dat jy nie meer gee as wat absoluut noodsaaklik is nie? Leef jy is skaarste soos Petrus? Of leef jy in oorvloed soos wat Jesus vra ons moet kan gee? Deel jou hart met Jesus.
  • Hoe sou dit lyk as jy begin gee asof jy oorvloed beleef? Hoe sou dit wees om jou vergifnis, jou tyd, jou goed, jou geld en jou talente vrylik met ander deel, omdat jy weet God voorsien in oorvloed? Jou sal jou ingesteldheid verander?

Gebed:
Here, ek is so bang om te veel te gee, want dalk het ek nie genoeg nie. Here, ek sukkel so om U soms te vertrou. Wanneer ek terug hou, voel ek veilig. Here, help my asb om meer vrygewig te wees. Veral ook met my vergifnis. Maar here, meer as dit, help my om ‘n vrygewige hart te hê oral in my lewe. Help my om nie te vra wat is die maksimum wat ek MOET gee nie, maar wat KAN ek alles gee.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika