Psalm 23:1-3
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.
Hy laat my rus in groen weivelde.
Hy bring my by waters waar daar vrede is.
Hy gee my nuwe krag.
Hy lei my op die regte paaie
tot die eer van sy Naam.
Om oor te gesels en dink:
Gister het ons 'n oomblik geneem om te voel hoe ons lyf voel. En ook bewus te word van ons eie emosies. Ons het ook vir mekaar gesĂȘ ons hoop dat die dagstukkies hierdie week oor God se Koninkryk van Vrede jou sal herinner dat jy ook daarna mag smag. Na vrede mag smag.
Neem 'n oomblik van stilte
Gebed
Bid vanoggend spesifiek en vra vir die Here vir hierdie vrede in jou lewe