Donderdag 9 Februarie 2023

Klaagliedere 3:21-25
Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot. Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom. Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra;

Om oor te gesels en te dink
Die Here se liefde en trou is elke dag vir ons genoeg. Klaagliedere se skrywer kom herinner ons dat ten spyte van die swaar en ellende, ons steeds op die Here kan hoop. Dis ’n vaste sekerheid. Deur die Here se ontferming en goedheid word ons bewaar. Dit is elke môre nuut en genoeg. Die Boodskap vertaal dit: “’n Mens kan altyd op U vertrou. Elke oggend is U maar weer daar.
God se liefde is vandag vir jou nuut en genoeg.
Vra na die Here se wil en bly op Hom hoop. Hy is getrou.

Gebed
Here, ek stel my hoop op U. Dankie dat U liefde en trou elke môre nuut is. Ek bely dat U my lewe is. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika