Maandag 10 Oktober 2022

Romeine 12:13
Help die medegelowiges
in hulle nood
en lê julle toe op gasvryheid

Om oor te gesels of te dink:
Henry Nouwen skryf die volgende oor gasvryheid: “Hospitality… the creation of a free space where the stranger can enter and become a friend instead of an enemy. Hospitality is not to change people, but to offer them space where change can take place… Hospitatliy is not a subtle invitation to adopt the life style of the host, but the gift of a chance for the guest to find his [her] own.”

Hoe lyk gasvryheid in julle huis? Is dit vir jou/julle lekker as mense in jou huis tuis voel? Dit het te make dat mense voel dat hulle op hul gemak kan wees en net hulself. Hoe gasvry is die ander ruimtes waar jy beweeg en werk? En selfs ruimtes waarvoor jy verantwoordelik is: Is dit ‘n spasie waar mense tot hulle eie reg kom?

Hierdie teksgedeelte van Romeine 12 is deel an ‘n lys dinge wat as riglyne vir ‘n Christelike lewe gegee word. Om gasvryheid te betoon is deel van hoe ons lewe as Christene beleef moet word. Waar kan jy vandag spasies vir ander skep om hulself te wees? En juis dalk daarin kan hul geleentheid kry, soos Nouwen sê, om in daardie spasie transformasie en verandering (in hulleself) te kan beleef.

Gebed:
Here, wys my waar ek vandag vir iemand geleenthede en spasies moet help skep. sodat ander ook tot hulle reg kan kom en veilig kan voel. Dankie dat ek by U veilig is en ook net soos ek is, is ek altyd welkom in U teenwoordigheid. Amen.

Nog om na te kyk

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram