Maandag 12 Desember 2022

Jesaja 9:5-6
“Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word:
Wonderbare Raadsman,
Magtige God,
Ewige Vader,
Vredevors.
Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd.”

Om oor te gesels en dink
Jesaja se woorde word as profesie vir Jesus gesien en juis ook nou in hierdie Adventstyd wat ons wag op die koms van Jesus word ons herinner aan wie hierdie Jesus is wat ons verwag. God het Sy Seun vir ons gegee en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman – Hy het al die wysheid wat nodig is om te help. Hy is die Magtige God wat heers oor sy koninkryk. Hy is die Ewige Vader wat na ons omsien soos ’n goeie pa vir sy kinders en nog meer. Hy is die Vredevors wat versoening tussen ons en God gebring het, sodat ons in vrede met Hom en mekaar kan leef.
*Dink na oor hierdie beskrywende name vir Jesus. Watter een identifiseer jy vandag?
*Gebruik hierdie name om Jesus te aanbid as jy oor Hom dink.

Gebed
Jesus, dankie dat U vir ons gekom het. Dankie dat U die Wonderbare Raadsman en Magtige God is. Dankie dat U ons Ewige Vader en Vredevors is. Ek kom aanbid U en buig vandag voor U. Amen.

Nog om na te kyk

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram