Maandag 16 Januarie 2023

Psalm 31:15-16
Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God. My tye is in u hand.

Om oor te gesels en dink
Skarrel jy rond? Hardloop jy rond van punt A na punt B? Voel jy oorweldig met alles wat jy moet doen?
Psalm 31 vertel van die swaarkry wat hy beleef het en dat hy moedeloos voel. Terwyl hy sê hoe hy voel, kom hy tot die ontdekking dat die Here by hom is. Hy verklaar dat hy op die Here vertrou en erken dat die Here sy God is. Meer nog, sy tye is in God se hand.
Ons kan vandag ook weet dat die Here by ons is. Ons kan ons bekommernis en geskarrel vir die Here gee en Hom daarmee vertrou. Ons kan in afhanklikheid verklaar dat ons tye in God se hand is.
Raak nou stil en sê vir die Here waaroor jy besorg of bekommer is. Laat ons eerder daaroor bid as om onnodig daaroor te top.
Wanneer jy vandag oorweldig voel, sê hierdie vers as belydenis op.

Gebed
Here, ek bely dat ek nie sonder U kan lewe nie. Soms voel ek oorweldig, maar ek wil U vertrou, want U is my God. My tye is in u hand. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika