Maandag 16 November

Daniël 1:18-21

18 Op die tyd wat koning Nebukadnesar bepaal het dat die jongmanne voor hom gebring word, het die hoofpaleisbeampte dit gedoen. 19 Die koning het met hulle gepraat en hy het onder almal niemand gevind soos Daniël, Gananja, Misael en Asarja nie. Toe het hulle in diens van die koning getree. 20 In enige saak wat wysheid en insig vereis het en waaroor die koning hulle uitgevra het, was hulle tien maal beter as al die towenaars en voorspellers in sy hele koninkryk. 21 Daniël het in diens van die paleis gebly tot die eerste regeringsjaar van koning Kores.

Ons daaglikse werk is bedoel om meer betekenis te hê as om net ’n aktiwiteit te wees wat ons weke (en ’n groot deel van ons lewens) opneem en ’n salaris vir ons verseker.
Die werk van bye is ’n goeie voorbeeld hiervan: bye het die stuifmeel van blomme nodig, en blomme het die kruisbestuiwing wat deur bye gebeur broodnodig om te kan kan bly voortbestaan. Op die oog af lyk dit asof die bye slegs kry waarna hulle soek en waarvoor hulle werk, maar in die groter prentjie sien ons dat totale ekosisteme afhang van die werk van bye: getrou, klokslag, seisoen na seisoen, doelgerig.

Ongeag van watter werk jy doen, dit het dieselfde betekenis in hierdie wêreld. Dit mag vir jou voel soos ’n daaglikse “soeke na stuifmeel”, maar die bydrae wat dit lewer tot hierdie wêreld en sy welwese is vêr meer as wat ons kan begryp.

Daniël het in Babilonië gewoon. Dit was nie sy geboorteland nie, die kultuur van die land was nie sy voorkeur nie en hy het gewerk in ’n konteks waar mense nie geglo het soos hy geglo het nie. Tog, as ons deur Daniël lees sien ons duidelik watter verskil hy gemaak het in Babilonië. Daniël is gevul met stories van Daniël se werk, en die verskil wat sy werk en daarom sy lewe in Babilonië gemaak het.

Ons gaan hierdie week na hierdie stories kyk, en saam reflekteer oor ons eie werk; ons roeping, ons daaglikse werk en bydrae tot hierdie wêreld.

Om oor te dink:

  • Watter gehalte is jou daaglikse werk?
  • Hoe sal jou medewerkers jou karakter beskryf?
  • Is dit sigbaar in jou daaglikse werk dat jy ’n Christen is, en dat jy roepingsbewus lewe?

The book of Genesis leaves us with a striking truth - work was part of paradise. Tim Keller

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika