Maandag 16 Oktober 2023

2 Petrus 1:16
Ons het ons immers nie op vindingryke fabels verlaat toe ons die kragtige teenwoordigheid van ons Here Jesus Christus aan julle bekend gemaak het nie. Inteendeel, ons was ooggetuies van sy ontsagwekkende grootsheid.””

Om oor te gesels en te dink
Hierdie teks vertel van Petrus as ‘n oog- en oorgetuie van Jesus. Hy het Jesus se lewe op aarde en leer aan die dissipels ervaar, maar ook Jesus se verheerliking op die berg. Hy bevestig dat die Goeie Nuus nie ‘n fabel is nie, omdat hy ‘n goeie oog- en oorgetuie is kan die mense aan wie hy skryf, hom vertrou. Deel van die ‘fabels’ waarna ander mense verwys het, was dat Jesus nie ‘n tweede koms, of te wel, terugkeer sal hê nie. Petrus, soos hier vertel, se oortuiging vloei vanuit ‘n belewenis wat hy gesien en gehoor het.

Waar en hoe het jy die Here hierdie jaar beleef? Word vandag uitgenooi om veral sensitief en ingestel te wees om iets van God hierdie week raak te sien en hoor.

Gebed
Here, help ons om hierdie week op die uitkyk te wees vir waar ons U beleef – ons glo dat U leef en bid, Heilige Gees, dat ons oop sal wees om U raak te sien en ervaar. Amen.

Nog om na te kyk

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram