Maandag 17 April 2023

Handelinge 2:32
“God het hierdie Jesus uit die dood laat opstaan; daarvan is ons almal getuies."

Om oor te gesels en te dink
Ons lees van Petrus se toespraak in Handelinge 2. Hierdie spesifieke toepsraak is nadat die Heilige Gees uitgestort is. Maar Petrus vertel en getuig ook van die kruisgebeure: hierdie Jesus wat hulle laat kruisig het, het opgestaan uit die dode. Hy interpreteer die kruisgebeure aan die gehoor. En Petrus herinner hulle dat hulle getuies hiervan is.

Is jy 'n getuie dat Jesus uit die dood opgestaan het? Hoe sal jou lewe vandag daarvan kan getuig?

Gebed
Here, gebruik vandag my doen en late om te kan getuig dat U lewe! Help my om so te lewe dat ander mense kan sien dat U lewe. Ek sing vanadag van
Nuwe Lewe
Here gee U my nuwe vrede
Want U maak my vry van die bande
Waarmee die vyand my wil bind
Amen.



Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika