Maandag 18 Junie 2023

Jesaja 50:4
Die Here my God het my geleer om die regte woorde te gebruik sodat ek dié wat moeg is, kan moed inpraat. Elke môre laat Hy my opnuut weer luister, Hy laat my luister soos 'n leerling moet luister.

Om oor te gesels en te dink
Jesaja herinner ons aan die belofte dat die Here ons leer om mekaar moed in te praat. Dalk voel jy moeg? Dalk is jy moedeloos? Dalk ken jy iemand wat moeg en moedeloos voel?
Wanneer ons by die Here stil word, gee Hy vir ons die regte woorde. Ons moet luister, soos wat ’n leerling luister. Intensioneel. Gehoorsaam.

  • Sal jy jouself vandag oopstel om so na die Here te luister?
  • Vir wie moet jy vandag moed in praat?

Gebed
Here, my God, ek wil leer om die regte woorde te gebruik. Ek wil luister soos ’n leerling en by U leer. Mag ek vandag iemand moed in praat. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika