Maandag 18 Oktober

Matteus 6:25-33
25“Moenie gedurig loop en julle bekommer nie. Moenie van vroeg tot laat vra: ‘Gaan ek genoeg hê om te eet?’ of: ‘Gaan ek genoeg hê om aan te trek?’ nie. Die lewe gaan tog oor baie meer as kos en klere. 26Kyk ’n slag na die voëls: hulle het nie groot skure waarin hulle elke dag hulle kos bêre nie. Tog is hulle nooit honger nie. God sorg dat hulle elke dag genoeg het om te eet. Weet julle, julle is baie meer werd vir God as al die voëls in die hemel. 27Daarom help al julle bekommernis net mooi niks. Dit gaan nie julle lewe met een enkele dag verleng nie. Allesbehalwe! 28“Julle moet ook nie sit en tob oor wat julle elke dag moet aantrek nie. Kyk gerus ’n bietjie in die veld hoe mooi die lelies lyk wat daar groei. Hulle werk nie van vroeg tot laat om so deftig te lyk nie. 29Tog was nie eens daardie skatryk koning Salomo ooit so mooi aangetrek soos een van hulle nie. 30“As God soveel aandag gee aan hoe die veldgras lyk, wat vandag nog groei en môre weer dood is, sal Hy mos vir julle ook sorg. 31Hou dan op om so kleingelowig te wees! Hy sal sorg dat julle genoeg het om aan te trek. Hou op om te sê: ‘Wat gaan ons vandag eet en drink?’ of: ‘Wat gaan ons vandag aantrek?’ 32As julle dit doen, tree julle op soos mense wat God glad nie ken nie. Julle het mos ’n Vader in die hemel wat presies weet wat julle nodig het. Hy sal sorg dat julle dit alles kry. 33“Stel God se koninkryk eerste. Doen net daardie dinge wat vir Hom belangrik is. Hy sal vir die res sorg. Hy sal elke dag vir julle genoeg kos en klere gee. En los môre se probleme vir die dag van môre. Van probleme het elke dag immers oorgenoeg. Leef vandag voluit vir God!”

Om oor te gesels of te dink:

  • Ons gaan hierdie week na dink oor hoe Jesus die voorbeeld is van vrygewigheid.
  • Ons leer hier in Matteus by Jesus die rede waarom ‘n mens vrygewig kan leef. Ons kan vrygewig leef omdat ons vertroue in God geleë is. Hy is ons vastigheid en die een wat voorsien. Ons vertroue is nie in dit wat voorsien word of ons dink sekuriteit gee nie, maar in die een wat juis die dinge voorsien.
  • Ons vrygewigheid is diep gegrond in ‘n belydenis dat God ‘n God is wat sorg en voorsien. ‘n Goeie Vader wat waardig is van ons vertroue. Dit is waarom ons lewens goeie fondasies het indien ons Hom en Sy koninkryk eerste soek.
  • Het jy alreeds God eerste geplaas in jou lewe? Jaag jy Hom na in alles in jou lewe? Vertrou jy Hom wanneer omstandighede nie gunstig lyk nie?
  • Wil die Here jou gebruik om iemand anders te versorg? Wanneer jy hoor van iemand se nood, druk die Here dit moontlik op jou hart om Sy hande en voete te wees waar deur Hy vir hulle sorg? Is jy ingestel vir God se stem?

Gebed:
Dink na oor alles waaroor jy bekommer. Deel dit eerlik met die Here.
Hoor hoe God vir jou met soveel liefde sê:
“Ek is jou God. Ek is jou pa. Ek is so lief vir jou. Vertrou my. Ek kyk na jou. Jy is myne.”
Dink na oor waar jy meer vrygewig kan leef in vertroue dat God sal voorsien. Deel dit met die Here.
Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika