Maandag 19 September 2022

Matteus 6:25
“Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie?”

Om oor te gesels en dink
Jesus is besig met die Bergrede en kort nadat Hy die “Ons Vader”-gebed in Mat 6:9-13 gegee het, vind Hy dit nodig om sy volgelinge teen bekommernis te waarsku. Matteus 6:11 bid Jesus: “Gee ons vandag ons daaglikse brood” Ons moet fokus op vandag en ons nie bekommer nie.
In hierdie gedeelte noem Jesus dit drie keer (v25, 31 en 34) dat ons ons nie moet bekommer nie. Om jouself te bekommer is om ’n verdeelte hart te hê en dit maak ons onnodig angstig. Ons moet bewus wees van wat ons pla, sodat ons dit vir die Here kan oorgee. Dit mag wees dat jy jouself onnodig bekommer.

*Waaroor bekommer jy jou?
*Wat ervaar jy as Jesus in sy eie woorde sê dat jy jou nie moet bekommer nie?
*Is jy bereid om jou bekommernis en angs vir Jesus oor te gee?

Gebed
Jesus, ek bekommer my soms te veel oor die lewe. Ek wil graag my bekommernis vir U kom gee. Help my om U daarmee te vertrou. Ek kom vra vandag vir my daaglikse brood. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika