Maandag 22 Augustus 2022

Spreuke 1:7
“Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.”
‭‭
Die boek Spreuke praat oor twee soorte mense wat se lewens verskillend lyk. Die dwaas is die slegte, hardkoppige mens wat God haat of ignoreer. Die wyse, daarinteen is verstandig en wil God ken en liefhê. Ons staan hierdie week stil by Spreuke en gaan mekaar aanmoedig om wyser te leef. Ons maak soms keuse soos dwase, maar moet in alles die Here soek.
Kennis begin met die dien van die Here, wat lei tot wysheid. Wanneer ek kennis voorop stel en hoog ag, ontvang ek wysheid. Dwase leef sonder die Here en vertrou op hulle eie insig. Wysheid het niks met ouderdom te doen nie, maar dis ‘n ingesteldheid. Wysheid is om afhanklik van God te leef?
Die Boodskap vertaal dit treffend: _ “Lewensgeluk begin by liefde vir die Here. Sonder liefde is daar geen lewensvreugde nie. Iemand wat die Here nie liefhet nie en ook nie weet hoe om reg te leef nie, is dom. Hy verag ook al die spreuke.”_

*Vertrou jy eerder op jou eie insig?
*Bid vir wysheid vir jou dag. Dien die Here met alles wat jy vandag doen.

Gebed
Here, ek wil U dien. Ek wil U meer lief hê. Mag ek vandag U kies om reg te leef. Mag ek U in alles eer. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika