Maandag 23 Januarie 2023

Johannes 10:14-15
Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape.

Om oor te gesels en te dink
Hierdie teksgedeelte verwys na Jesus en God die Vader se verhouding. 'Ken' is 'n woord wat op intimiteit kan aadui. En op 'n manier nooi dit ons ook uit om 'n diepte in ons eie verhouding met God-drie-enig te ontdek. Uitgenooi om nie net van God te weet nie, maar God te ken. Soos skape wat hulle herder se stem ken, so moet ons ook die goeie Herder se stem ken. Die goeie Herder wat deernis en empatie met ons het en ook teenwoordig is in ons lewe.

Jy mag dalk baie 'kopkennis' hê en die Here 'ken'. Maar hoe goed 'ken' jy die Here se stem? Kan jy 'n oomblik vandag neem om jouself af te vra hoe klink Jesus, jou Herder, se stem. Hoe klink Jesus se stem op hierdie stadium van jou lewe?

Gebed
Here, dankie dat U nie net die goeie Herder is nie, maar ook my Herder. Leer my vandag om U stem te kan herken. Help my om oop te wees en in die oomblik te leef, sodat ek U stem kan hoor. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika