Maandag 23 November

Romeine 12:1&2

Ek wil nou ’n baie ernstige versoek tot julle rig. Ek doen dit omdat julle begryp hoe baie God vir julle omgee. Gee julle hele lewe aan Hom. Julle moet lewende offers in God se hand wees. ’n Lewe wat voltyds afgesonder is vir Hom is presies waaroor godsdiens gaan. Moenie tuis raak in hierdie wêreld met al sy boosheid nie. Nee, laat God julle van binne af nuutmaak. Laat Hy julle manier van dink verander sodat julle kan weet wat Hy van julle verwag. Dan sal julle ook weet wat sy wil is en hoe julle julle hele lewe elke dag aan Hom moet oorgee.(Uit Die Boodskap)

Bekering vra verandering.

  • Om tot bekering te kom is ‘n blye ervaring.
  • Dit is iets wat elke gelowige op ‘n nuwe pad plaas.
  • Bekering vra egter dat ons sal verander.
  • As jy dink dat jy jou kan bekeer sonder om te verander in die proses maak jy n fout.
  • Jou oomblik van bekering is die begin van die veranderring in jou, en nie die einde daarvan nie.
  • Ons gaan die week ‘n bietjie kyk na hoe ons groei en verander as kinders van God.

Om oor te na dink:

  • Dink jy nog dieselfde oor dinge soos politiek, rassisme, status, jou werk, jou besittings, jou verhoudings en ander mense as voorheen?
  • As jy tot bekering kom sal jou manier van dink oor hierdie, en ander dinge, met tyd verander!
  • Hoe ervaar jy jou eie anders dink hieroor wanneer dit gebeur…?
  • Gee jy jouself ruimte om te verander of is jy te trots of te bang om die anders dink in jou te omarm?
  • Ons kan nie tot bekering kom en nie vir God toelaat om ons te verander nie.

Gebed

  • Dankie Heer dat U vir my aan die kruis gesterf het.
  • Dankie dat U genade en redding aan my 'n nuwe lewe gee.
  • Help my Here om so te verander dat U meer in my lewe sal word en ek minder.
    Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika