Eksodus 1:22
…Daarom het die farao vir al sy mense gesê: “Julle moet elke Hebreeuse seuntjie wat gebore word, in die Nyl-rivier gooi. Maar moenie die dogtertjies doodmaak nie.”
Om oor te gesels:
Ons kan wegskram van verantwoordelikheid en net veilig bly… of ons kan kies om die lewensstorms te trotseer. God het ons gemaak om die lewe met sy storms te trotseer!
In Eksodus 1:22 beveel die farao sy hele volk dat alle pasgebore seuntjies in die Nyl rivier gegooi moes word. Moses se moeder het geweet hoe verkeerd hierdie bevel was. Sy kon of niks doen of kies om 'n verskil te maak. Die keuse wat sy gemaak het was om Moses weg te steek in ‘n klein pik gesmeerde biesiemandjie op die rivier. God het daardie klein, maar dapper, daad van ‘n moeder gebruik om die Hebreër wat Hy uitverkies het om Sy volk te bevry, in die farao se huis te laat beland.
God roep ons om op te staan vir wat reg is. Om nie weg te kruip agter verskonings ongeag of die lewe daar buite onveilig is of nie.
Ons is geskep om God se hande en voete en stem in hierdie wêreld te wees.
Besef jy dat dit jou roeping is om uit te gaan en leef jy jou roeping uit sodat God se wêreldplan waar kan word?
Gebed
Here, gee my die moed om die lewe aan te durf en die wysheid om U wil vir my daarin te ontdek.
Amen.