Matteus 21:1-11
9 Die mense wat voor Jesus geloop het en dié wat agter Hom aan gekom het, het begin uitroep: “Prys die Seun van Dawid! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! Prys Hom in die hoogste hemel!” 10 Toe Jesus in Jerusalem ingaan, het die hele stad in beroering gekom en gevra: “Wie is hierdie man?” 11 Die skare het geantwoord: “Dit is die profeet Jesus van Nasaret in Galilea!”
Die laaste Sondag voor Paasnaweek staan bekend as Palm Sondag. Omdat ons nie gister tydens ons erediens hierdie teks hanteer het nie, staan ons vandag by dit stil.
Maak asb erens vandag tyd om oor die volgende vrae na te dink:
Ek vra vandag spesifiek hierdie twee vrae, omdat dit die twee belangrikste temas in die teksgedeelte is.
Elke mens wat Jesus se aankoms in Jerusalem gesien en beleef het is gekonfronteer met ’n keuse: is ek positief, negatief of neutraal hieroor? In wie se Koninkryk glo ek en onderwerp ek myself aan, die koninkryk van die wêreld of die Koninkryk van God? Alle mense, binne en buite Jerusalem het hierdie besluit en innerlike stryd ervaar.
Jesus het nie Sy koninkryk kom vestig deur op die wêreld se manier te baklei nie, Hy het eerder as ’n dienskneg gesterf. Eer, aansien en oorwinning kom op ’n ander manier vir Jesus. Deur diensbaarheid, nederigheid en die dood word die Koninkryk van God gevestig. Dit is ’n paradoks; en nog meer, dit is een wat ons geroep word om te leef en te beliggaam.
Ons het vandag ook verskeie koninkryke wat met mekaar kragte meet. Verskeie mense, dinge en partye wil ons lojaliteit en inkoop hê, maar niks hiervan kan uiteindelik vir ons verlossing gee, ons versoen met God, en vir ons die lewe in oorvloed gee nie. Dit is so!
Daarom moet ons kies waar ons lojaliteit lê, en daarvolgens leef.
Kies jy vandag die pad van vrede, genade, diensbaarheid en nederigheid? Is jy bereid om hierdie Koning op die donkie al die pad te volg tot by die kruis?
He was not the king they expected. Not like the monarchs of old, who sat on their jewelled and ivory thrones, dispensing their justice and wisdom. Nor was he the great warrior-king some had wanted. He didn't raise an army and ride to battle at its head. He was riding on a donkey. And he was weeping - weeping for the dream that had to die, weeping for the sword that would pierce his supporters to the soul. Weeping for the kingdom that wasn't coming as well as the kingdom that was. N.T. Wright