Maandag 3 April 2023

Matteus 26:38-39
Toe het Hy bedroef en beangs geword 38en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My.” 39Hy het 'n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.”.

rou VRAE:

  • Soms is die wag voor die swaarkry kom, so moeilik, bv. Wanneer ons weet iemand is op hulle sterfbed. Wanneer ons weet verhoudings gaan nie kan herstel nie. Wanneer ons besig is om deur die afdanking proses te gaan. Wanneer ons siek is. Daar is soveel kere wanneer ons moet wag vir dit wat volgende gaan gebeur. Jesus moes ook. En Hy het geloofsvriende gevra om saam met Hom te bid. Hy het in verhouding met ander die Here ontmoet.
  • Wat doen jy wanneer jy vir swaarkry moet wag? Wie vertrou jy om saam met jou die las te dra en bid? Hoe lyk jou gebede in hierdie tyd?
  • Hoe sou dit wees as jy hierdie ervarings en omstandighede heeltemal alleen sou moes hanteer? Waarom gee God vir ons ander gelowiges? Waarom is Hy steeds daar om mee te praat?
  • Soms kan ons nie swaar en seerkry vermy nie. Soms moet ons deur dit gaan. Maar dan is God by ons. Hoe kan hierdie gedagte jou help?

rou OEFENING:

  • Daar is oomblikke in ons lewens wanneer ons die moeilike omstandighede of die rou wil vermy.
  • Kies vandag om dit wat jy vermy te erken. Sit met die gevoelens en rou. Plant ‘n blom om dit te erken. Of brand ‘n kers terwyl jy sit en huil. Rituele help ons om te erken wat gebeur het en binne ons woed.

Gebed:
Here, ek wil saam met U deur hierdie week stap. Ek wil deur die trauma van wat U beleef het op pad na die kruis beleef. Here, help my om saam met U te wag. Here, help my om U te sien. Here, laat my rou vir dit wat U moes deurgaan en wat U hart gebreek het. Here, help my om te ontvang, dit wat U vir my gedoen het.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika