Maandag, 31 Mei

Laat daar lig wees. En dit is goed.

Jesaja 60:19-20
19 Jou lig sal gedurende die dag nie meer van die son af kom nie. Jy sal nie meer afhanklik wees van die maan wat in die nag skyn nie. Die Here self sal vir altyd jou lig wees. Jou God sal oor jou skyn. 20 Jou dae van hartseer is verby. Jou son sal nooit ondergaan nie. Jou maan sal nooit donker word nie. Die Here self sal vir altyd jou lig wees.

Om oor te gesels of te dink:

  • Die wêreld voel van tyd tot tyd donker. Ons lewens voel van tyd tot tyd donker. Soms voel ons harte van tyd tot tyd donker. Is jy onlangs deur so ‘n ervaring? Wat is donker in jou ervaring?
    Die Here het net gespreek “Laat daar lig wees” en die donkerte is verdryf. Hoe laat dit jou voel om te weet dat God soveel mag oor die donkerte van die wêreld, jou lewe en jou hart het?
  • Die teksgedeelte sê dat God se lig nooit weer sal weggaan nie. Dat die donkerte dit nie kan verdryf nie. Dat dit altyd sal heers. Watter beloftes gee die gedeelte vir jou vir die wêreld, jou lewe en jou hart wanneer die donker voel asof dit wil oorweldig?
  • Hoe kan “Laat daar lig wees” hoop bring vir jou en die mense om jou?

Gebed:
Vergifnis is genade.
Sulke kwytskelding en vriendelikheid kan ek nie begryp nie.
Vergifnis is onfeilbare liefde.
Sulke geduld en begrip kan ek nie begryp nie.
Vergifnis is oorweldigende deernis.
Sulke simpatie en warmte kan ek nie vergeld nie.
Vergifnis is die uitwissing van oortredings.
Sulke vryheid en goeie wil verdien ek nie.
Vergifnis is die afwassing van my ongeregtighede.
Sulke suiwerheid en nuutheid kan ek nie handhaaf nie.
O Here, maak my lippe oop, en my mond sal u lof verkondig.
Here, U is Goed.
Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika